are for everyone

Meditations

Home Afrikaans

Algemeen

Die Enigste Werklikheid, Nicol Campbell, Skool van die Waarheid, gelees deur andre

 

Ek is diep bewus van die rampe en verdriet wat die lewenspad van elke skepsel kenmerk en besef ook terdeë hoe swak en nietig ons is in die aangesig van probleme, moeilikhede en teenspoed. As ons egter opreg glo dat die Almagtige Teenwoordigheid van God alvermoënd, alwetend en alomteenwoordig is, bestaan daar nie ‘n enkele rede in die wêreld waarom u of ek persoonlikhede, toestande of omstandighede moet vrees nie. Nietemin, as ons ons diepste gedagtes en emosies sorgvuldig ontleed, sal ons vind dat ons so bewus is van antagonistiese omgewings en vyandiggesinde individue dat ons hoegenaamd nie in staat is om ons van hulle invloed los te maak en te bevry nie. Per slot van sake, ons bind hulle met elke gedagte, woord en daad nog stewiger aan ons vas.

Read more...
 

Die Geheime Skuilplek van Psalm 91

 

 Ek dink die meeste van ons het 'n gunsteling Psalm, een wat spesiaal iets vir ons sê, en myne is Psalm 91, wat begin met die woorde: "Hy wat woon in die skuilplek van die Allerhoogste sal vernag in die skaduwee van die Almagtige."

Kom ons kyk bietjie na die betekenis van hierdie "geheime skuilplek”. Dit is 'n plek wat nie ooglopend is nie. Dit is so verskuil dat dit nie deur almal gesien of verstaan kan word nie. Dit is nie 'n materiële plek nie. Daarom moet dit ‘n geestelike plek wees, maar dit is ook een waarin ons kan woon.  In daardie geval, is dit sekerlik ‘n plek wat in die Godsbewussyn bestaan. In God, wat alomteenwoordig is, kan ons almal woon. Dit  is ook ‘n plek wat binne-in ons is.

Read more...
 

Is dit reg om 'n ander se geloof te verdoem?

Tydens 'n telefoon gesprek het die ander persoon verdoemend gepraat oor ander gelowe. Ek het probeer om 'n ander siening uit te spreek, maar die het individu my onderbreek met, "Nee. Ons kom ooreen om nie ooreen te kom nie". Ek respekteer natuurlik die persoon se reg om seker te wees in sy geloof en ek is bly daaroor. Anders as baie kergangers van baie gelowe, glo ek persoonlik dit is verkeerd om 'n ander mens met agressiewe argumentasie te probeer oortuig dat sy geloof verkeerd is. Ek dink hier veral aan iets wat jare gelede aan my gesê is: "Oppas dat iemand nie eendag vir jou sê, 'Jy het my God van my af weg geneem en ek weet nie waar jy Hom neer gelê het nie."

Omdat 'n liefdevolle uitruiling van sieninge wel na my mening toelaatbaar. is het ek die volgende brief aan die persoon gestuur:

Ons telefoon gesprek: ek voel ek moet jou die volgende vertel en vra dat jy met ‘n oop hart en verstand na my luister:

Read more...
 

Podcast

Subscribe with iTunes
Podcast Feed

Translate

English Afrikaans Dutch French German Irish Portuguese Russian Spanish Welsh

Latest Posts

Popular